Local newsNews

Kom vier Geloftedag

Die feesrede word deur mnr. Willem Scholtz van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) Pretoria gelewer

Donderdag, 16 Desember is Geloftedag en dit word soos oudergewoonte ook in eMalahleni gevier.

Maak solank ’n aantekening in jou dagboek en woon die vieringe by wat by die Nederduits Gereformeerde Kerk Vallei in Kiepersollaan in Tasbetpark gaan plaasvind.

Dit begin om 09:00 met ’n erediens wat deur dr. Hendrik Breytenbach van die Afrikaanse Protestantse Kerk Witbank gelei word.

Die feesrede word deur mnr. Willem Scholtz van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) Pretoria gelewer.

Na die verrigtinge sal heerlike worsbroodjies, tee, koffie en koeldrank beskikbaar wees. Covid-19 maatreëls sal steeds van toepassing wees.

Vir meer inligting skakel Leon Viviers, sekretaris van die Witbank Geloftefeeskomitee.: 082 894 5755.

Deel jou nuuswenke met ons via:   Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: wtbnews@mweb.co.za  

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:   Instagram, Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button