Local newsNews

Tassies word gepak vir 2022

Daar is meer as 200 tassies gepak vir die hierdie streek

In plaas van ’n opgekoude potlood in ’n papiersakkie, gaan ’n Graad-1 kindjie nou met ’n skooltas en nuwe moed 2022 binne.

Solidariteit Helpende Hand Mpumalanga- en-Kwa-Zulu Natal Noordstreek se jaarlikse tassiepak het op Saterdag 4 Desember plaasgevind en talle hande was daar om te help.

Daar is meer as 200 tassies gepak vir hierdie streek en die kinders vir wie die tassies geoormerk is, gaan met nuwe moed en ’n glinster in die oog hul skoolloopbaan afskop.

Hierdie skooltas bevat onder andere, potlode, ’n liniaal, skerpmaker, uitveër en so ook ’n nuwe pennesakkie.

Daar is vanjaar ook ’n Christelike storieboek genaamd: ‘Die wit rokkie’ hierin verpak.

Die aansoekproses vir hierdie tassie is aanlyn vir skole beskikbaar by www.tassie.co.za gedurende ’n tydgleuf elke jaar en daar word deur middel van ’n keuringsproses, tassies aan kinders toegeken wie dit nie anders kan bekostig nie.

Dankie vir elke vrywilliger wie se hande reggestaan het met die verpakking, elke vrywilliger betrokke by die aflewering van hierdie tassies aan spesifieke skole en ook elke donateur wat hierdie moontlik maak vir die afgelope 14 jaar.

Op ’n nasionale vlak kan Solidariteit Helpende Hand vanjaar vir 2 000 kinders met ’n skooltas toerus.

Vir meer inligting rakend hierdie projek of enige ander Helpende Hand projekte, kontak vir Melissa Nel by 072 660 7345 of Annemarie van Heerden by annemarie@helpendehand.co.za.

LEES MEER

https://www.citizen.co.za/witbank-news/185962/rekordbedrag-van-r50-miljoen-ingesamel-vir-studiehulp/?fbclid=IwAR0kMX30GtyAuCrN7Wm-g7a4Eu10BPEJzfEJuF1qZSEsiv7P8UVuX6Nfig0

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram,

Twitter

Witbank News App

Facebook page

Witbank News Breaking

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button