Local newsNews

Dié besigheid verdien ’n medalje

Zakaria Konstruksie het die voortou geneem en slaggate in Ga-Nala gevul.

Zakaria Konstruksie verdien ’n staande ovasie.

‘Dié maatskappy het Sondag, 30 Januarie Bokmakieriestraat en Honeybirdstraat in Ga-Nala ingevaar en slaggate gevul.

Oudraadslid mnr. Dirk Grobler het gesê die eienaar van die besigheid, me. Selinah Sihlangu en haar span het die slaggate op eie onkoste reggemaak.

Zakaria Konstruksie het die voortou geneem en slaggate in Ga-Nala gevul.

“Met ’n munisipaliteit wat in alle opsigte faal met dienslewering is dit ons enigste opsie om die dorp te red. Dit bly steeds die munisipaliteit se verantwoordelikheid om dienste te lewer en hulle mag nie nou agteroor sit as die gemeenskap self inspring om die dorp te ‘red’ nie,” het Grobler uitgevaar.

Grobler het met die inisiatief vorendag gekom en op sosiale media gevra of die gemeenskap bereid sal wees om te help met die aksie.

“As ons elke Vrydag inspring en die slaggate vul, is ons dorp sommer binnekort weer pragtig. As ons betrokke raak en hand aan die ploeg slaan, gaan ons ’n verskil maak,” het Grober gesê.

Hy het genoem dat die inwoners se reaksie fenomenaal was en daar genoeg fondse is om die arbeid vir die vul van die slaggate vir die volgende twee maande te betaal.

Share your news tips via:

Telephone: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Email: info@witbanknews.co.za

Or follow us on WITBANK NEWS platforms: Instagram, Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button