Dié Vroue Landbou-unie streek is reg vir ’n kookwater 2022
Dié streek se vroue landbou-unie lede is baie opgewonde oor die jaar wat voorlê.
Carpe Diem is reg om 2022 in iets unieks te omskep.
Lede van die Vroue Landbou-unie takke het Donderdag, 27 Januarie bymekaar gekom om die jaar se beplanning te bespreek.
Me. Martie Vermeulen het die finansiële verslae en me. Belinda Duvenhage het die beoordelaars se verslae voorgelê.
Die streek se korrespondensie is deur me. Debbie du Plessis, voorsitter van die Carpe Diemstreek bespreek.

Volgende maand is vir dié lede van uiterste belang omdat die jaarlikse konferensie hier in eMalahleni plaasvind.
“Groot opgewondenheid heers oor die konferensie,” het me. Lida Posthumus, skakelbeampte van die streek gesê.

Na die vergadering het die dames ’n werksklas gehad waar hulle gewys is hoe om ’n houertjie in die vorm van ’n keteltjie te maak.
Dié stukkie kunswerk was klaar gelamineer en reg om teen die yskas op te plak en daarin word resepte netjies binne bereik gehou.

Deel jou nuuswenke met ons via:
Telefoon: 013 656 2490
WhatsApp: 060 866 8682
Epos: info@witbanknews.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:
Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

