Local newsNews

Dit gaan beter met vrou wat in Faniestraat raakgery is

’n Ondersoek is na die ongeluk van stapel gestuur en die dossier is na die senior staatsaanklaer gestuur vir beslissing.

Me. Lizelle Human, wat die naweek in Faniestraat omgery is, het duim in die lug laat weet dit gaan goed.

Lizelle (35) wat Down-sindroom het, is Vrydag deur ’n minderjarige seun omgery terwyl sy na ’n plaaslike winkel gestap het.

“Lizelle se bril is flenters en sonder die bril kan sy niks sien nie,” het haar ma me. Louise Human gesê.

Volgens inligting het die seun na bewering vroeër op en af in die straat gejaag.

“Hy het ’n paar wilde draaie voor Hoërskool Patriot gemaak en terug in die straat afgejaag,” het Human gesê.

Jy kan die volle berig in dié week se uitgawe van WITBANK NUUS lees.  

Deel jou nuusbrokkies met ons:   Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Volg ons op  WITBANK NEWS se sosiale media platforms:  InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button