Jakkie en Jumbo is uitgekuier
Die twee seekoeie het genoeg gehad van eMalahleni se gasvryheid.
Die twee seekoeie wat hulself in mnr. Jumbo van der Merwe se plaasdam tuisgemaak het, is vort.
Die twee is voor die naweek laas gesien.
Hulle het op 12 April doodluiters verby Jumbo se voordeur gestap, bietjie in die kikoejoegras gewei en dam toe gestap.
Daar het die paartjie vir groot opwinding gesorg as hulle elke dan en wan oë gewys het.
Kyk die video hier
Mnr. Piet Wassenaar, bekend vir die slange wat hy al in die area gevang het, het gesê die twee het seker nou ander weivelde gaan soek.
Piet wat ’n permit van die Mpumalanga Toerisme en Parke Agentskap het om enige probleemdiere te verwyder het genoem dat die seekoeie baie gevaarlik is.
Hy het gevra dat as enige iemand vir Jumbo en Jakkie, soos hulle gedoop is, sien, hy dadelik gebel moet word: 082 870 4124.
LEES MEER:
Deel jou nuusbrokkies met ons –
Telefoon: 013 656 2490, WhatsApp: 060 866 8682 of Epos: info@witbanknews.co.za
Volg ons ook op dié sosiale media platforms: Instagram, Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking
