
Laerskool Kragbron is baie bedrywig met die reëlings vir hulle fees wat binnekort gehou gaan word.
Dié skool is op soek na die Worsbraai-koning.
“Worsbraai bly nou maar lekker. Die wors wat jy braai moet ook net van die beste wees. Ons is op soek na die Worsbraai-koning,” het mnr. Gerhard Smit hoof van Laerskool Kragbron gesê.
Op die spyskaart vir die fees wat vir 27 Mei beplan word is ’n kaskarwedren, babaskou, Mnr. en Mej. Kragbron en daar gaan gepoog word om wêreldrekords te verbeter, die Worskoning gaan gekroon word en dan is daar ’n stoeigeveg waaroor daar baie opgewondenheid heers.
Wat is ’n fees nou sonder ’n kleur-oorlog, fliekaand, vlaggie ‘drop’, massa-akrobate, tombola en potjies wat se geure tot die feestelikheid bydrae.
As jy meer inligting wil hê, kan jy vir Jhay Botha skakel by 083 655 1211.
LEES MEER
Baby competition entries draw to a close
12-year-old-minienhle-the-queen-of-emalahleni
Alla kragtie, maar die atlete het ’n huppel in hul stappie
Share your news tips via: Telephone: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Email: info@witbanknews.co.za
Or follow us on WITBANK NEWS platforms: Instagram, Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking
