AfriForum se Witbank-tak sit projek voort om skole te beveilig
Beter paaie beteken veiliger skole.
Die AfriForum-tak in Witbank het gedurende April sy projek om die gebied rondom skole te beveilig, voortgesit.
Die doelwit van die projek is om kinders en ouers se veiligheid rondom skole te verbeter deur te fokus op die sigbaarheid van padtekens en verkeerstekens.
Die projek is vroeg in Maart geloods. Met die eerste fase is die spoedhobbels en stoptekens op die pad rondom Laerskool Taalfees en Robert Carruthers School oorgeverf sodat dit weer duidelik sigbaar is.
Gedurende die tweede fase van die projek is ontbrekende verkeerstekens rondom Laerskool Taalfees vervang.
In April is die padtekens rondom die SAVF Wonderland Dagsorg oorgeverf om dit ook meer sigbaar te maak.
“Kinders se veiligheid is ons top prioriteit en ons huiwer nie om skole hiermee by te staan nie,” sê Alf Friess, voorsitter van AfriForum se Witbank-tak.
Lees Meer:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/191855/afriforum-se-witbank-tak-help-om-leerders-te-beveilig/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/187416/afriforum-gereed-om-die-jaar-af-te-skop/
Deel jou nuuswenke met ons via:
Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682Epos: info@witbanknews.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:
Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking
