Is jou korrel in, dan moet jy vir dié kompetisie inskryf
Daar is groot pryse in die visier.

Laerskool Onverwacht bied ’n ghongskiet kompetisie aan.
Dit vind op 21 Mei by Steenkoolspruit Privaat Skietbaan plaas. Dis net buite Ga-Nala geleë.
Registrasie begin om 06:15, die vergadering vind om 06:45 plaas en die kompetisie begin om 07:30.
’n Joker-ghong sal ook gehou word
Die inskrywingsfooi is R2 000 per span wat uit vier skuts bestaan.
Die inskrywing moet teen 16 Mei betaal wees. Die inskrywingsfooi sluit ook middagete in.
Daar sal ook kos en koeldrank te koop wees.
Die maksimum kaliber toelaatbaar is 30 kaliber.
Geen handwapens of haelgewere word toegelaat nie.
Die afstande wissel tussen 100m en 560m.
Skuts moet hulle eie oog- en oorbeskerming saambring.
Daar is reuse pryse op die spel.
Deelnemers mag nie onder die invloed van alkoholiese drank of dwelms wees nie en geen alkoholiese drank of dwelms mag gedurende die kompetisie ingeneem word nie.
Skakel gerus vir Michael Lindeque: 084 619 4646 of Marco Das Neves: 082 567 8019 vir meer inligting.
Deel jou nuuswenke met ons via:
Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682Epos: info@witbanknews.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:
Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking
