Local newsNews

Bekende ‘kaalwoorde’ digter bied werkswinkel aan

Bekende ‘kaalwoorde’ digter, Ané Kotzé, spog met haar tweede digbundel ‘Verlatenkloof’ tydens haar werkswinkel.

“Ek het alles wat ek wil hê,” sê Ané Kotzé, terwyl sy haar tweede digbundel vashou.

Ané, ook bekend as “kaalwoorde”, is ’n bekende Instagram en Facebook digter met 35 200 en 63 000 volgers onderskeidelik.

READ MORE:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/191238/local-poet-africa-describes-his-journey/

Haar passie vir skryf het verskyn as kind, en sy vertel hoe haar ma grapperig gesê het dat sy “’n bietjie anders” was.

Haar passie het haar gelei tot die publisering van haar tweede digbundel, ‘Verlatenkloof” hierdie jaar.

READ MORE:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/32954/n-lewensverhaal-n-lewenswyse/

Uit al die gedigte in haar bundel, wys sy ’n spesifieke een uit as haar gunsteling.

Die gedig handel oor ʼn seun wat sy sien stap het met ’n koei deur ’n kloof, meer spesifiek, Verlatenkloof.

Die gedig was nie net haar inspirasie agter die titel van die bundel nie, maar al die gedigte daarbinne.

Sy vertel hoe sy geen belangstelling het in sensasie nie, en dat haar rede agter skryf in passie lê.

Haar passie is ’n inspirasie om ’n stap te neem in kreatiwitieit en te doen waarvoor jy lief is.

Sy wil graag Lush Coffee & Art bedank vir die geleentheid om ’n werkswinkel te kon aanbied op 4 Junie.

Haar eerste bundel, ‘Kosmos en Komete’ en toekomstige projekte is beskikbaar op haar webblad.

 

Deel jou nuusbrokkies met ons

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button