In ’n oogwink is nog ’n lewe verloor
Twee lewens is verloor na twee kar ongelukke wat plaasgevind het op 14 en 16 Junie
’n Laataand rit kos ’n man se lewe en laat ’n dame met erge beserings.
In die middernagtelike ure van 14 Junie het nog ’n ongeluk op die afrit van die N12-snelweg ’n lewe geneem.
LEES MEER:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/195971/head-on-collision-between-two-toyota-quantums-on-vernena-road-this-morning/
Dit word beweer dat Witbank Polisie ’n klagte ontvang het van ’n ongeluk wat plaasgevind het.
Met die aankoms van SAPS het hul ’n dubbelkajuit bakkie opgefrommel gevind waarop ’n man dood verklaar is en die dame wat saam hom glo ten tyde van die ongeluk was, erge beserings opgedoen het.
Dit word beweer dat die bakkie met ’n geweldige spoed binne in ’n stilstaande trok wat vermoedelik gebreek het in die middel van die pad, vasgejaag het.
’n Ambulansdiens het met die beseerde na ’n plaaslike hospitaal gejaag.
LEES MEER:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/195182/n12-highway-turns-into-a-chaotic-accident-scene/
Op 16 Junie het nog ’n tragiese ongeluk die lewe van ’n man op die Verenapad geëis.
Dit word beweer dat die wit Suzuki wat betrokke was in die ongeluk, gevind is op sy dak.
Ooggetuies het glo aan Witbank SAPS vertel dat die voertuig beheer verloor het en toe gerol het.
LEES MEER:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/188679/bakkie-rolled-on-n12-highway-claiming-one-life/
’n Onbekende getal passasiers het beserings opgedoen en is met die aankoms van ’n ambulansdiens medies gestabiliseer voor hul na ’n plaaslike hospitaal geneem is.
Die paramedikus op die toneel het die bestuurder van die voertuig dood verklaar.
Deel jou nuusbrokkies met ons
Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: [email protected]
Of volg ons op sosiale media platforms
Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking
