Twee groot geveerdes het dié week bietjie by Del Judor gaan inloer
Die voëls is op video opgeneem terwyl dit blyk of hulle vreet.

Twee lywige voëls is die afgelope week opgeneem terwyl hulle hulself in ’n hoë boom tuisgemaak het.
Dié twee het omtrent gesorg vir amok toe almal hulle klein hondjies gryp en binnenshuis hou terwyl dié twee die wêreld vanuit die hoë boom bespied het.
Me. Zanne-Mari Schoombie het die videos geneem en op sosiale media gedeel.
SIEN DIE VIDEOS HIER
“Ek het ‘gegoogle’ en kon nie besluit tussen die ‘Harrier Hawk’ of die arend nie, dit was bietjie ver,” het Zanne-Mari gesê.
Sy het gesê sy het dit op sosiale media gedeel om mense bewus te maak van die voëls sodat hulle nie skrik as die twee skielik vanuit ’n boom opvlieg nie.
Mnr. Piet Wassenaar, ’n plaaslike dierekenner het gesê hy glo dit is twee Kaalwangvalke.
Die Kaalwangvalk is ʼn medium-grootte roofvoël en hulle kom in die grootste gedeeltes van Afrika suid van die Sahara voor.
Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za
Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking
