Skole mik na reeksoorwinning in Mpumalanga
Dit was ʼn groot naweek vir krieket in eMalahleni.
Dit was ʼn groot naweek vir krieket in eMalahleni.

Met die krieketseisoen wat amper tot ʼn einde kom, het Laerskool Klipfontein en Laerskool Kragbron mekaar op die Kragbron-veld aangevat op 16 September.
Dit was ʼn groot wedstryd, omdat die spanne moes uitdun vir die semi-finaal in Mpumalanga.

Laerskool Klipfontein het Laerskool Kragbron gewen met drie paaltjies. Kragbron se o.11 span het verloor teen Middelburg Laerskool, maar altwee van die spanne is ook deur na die semi-finale in die nuwe opkomende kwartaal.
Die afrigters van die o.12 Klipfontein-span, Pieter Zeelie en Tiaan van Niekerk het hul spelers goed voorberei vir die stryd wat voorlȇ.
Die semi-finaal sal by verskeie skole aangebied word en begin plaasvind in die eerste week van die vierde kwartaal.
Deel jou nuusbrokkies met ons
Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za
Of volg ons op sosiale media platforms
Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking









