VLU Azaria wen met streekskou-artikels
Die Azaria-tak was baie bedrywig die afgelope jaar.
Die Vroue Landbou-unie Azaria-tak is aan die rol.
Die Azaria-tak het op Donderdag, 13 April vergader toe Robyn Schmidt die dames gewys het hoe om wol te las om breiwerk netjies te hou. Daar is ook ʼn miniskou aangebied en lede het brood gebak, blatjang, slaaisous en lekkers gemaak.
Lida Posthumus het ook die tak besoek en het ʼn werksklas aangebied om découpage coasters’ te maak.
Carpe Diem se streekskou-artikels is uitgestal en Robyn het die artikels beoordeel.

Die prestasies is as volg: Tak met die meeste inskrywings, tak met die meeste punte in die streek en algehele wenner met die meeste punte in die streek en provinsiaal.
Hendriët Prinsloo het tweede plek in die provinsie ontvang.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: witbanknews.co.za.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
