Local newsNews
Magnolia is voorslag as dit by inlê kom
Daar is niks lekkerder as tuisgebakte brood en blatjang nie.

Die Vroue Landbou-unie Magnolia tak se bymekaarkom die maand was deurtrek met smaak en geur.
Dié tak het hul gebottel ten toon gestel en me. Robyn Schmidt het dit beoordeel.

Dié beoordeling het Dinsdag 2 Mei plaasgevind.
Op die tafel het geurige broodjies langs die heerlike blatjang en souse ingeskuif.

Magnolia se nuutste lid, me. Julie Olivier se tamatie- en kruiebroodjie het sommer so op die tong gesmelt.
“Daar is baie reëls as dit by die mini-skoue kom, maar daar is redes vir dié streng reëls,” het me. Frances Theron gesê.

Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: witbanknews.co.za.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram
HET JY GEWEET? Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.