VLU Azaria bespreek kinderdinge
Melkkartonne en toiletrolle word gebruik om te wys hoe dit kinders kan besig hou.
Die dames van die Vroue Landbou-unie, Azaria-tak het ʼn baie insiggewende vergadering gehou.
Op Donderdag, 11 Mei het die tak by die AGS Kerk Oasis in Reynorif vergader en Lee Hartley van die New Life Church het as gasspreker opgetree.

Lee, wat die New Life Kinderhuis verteenwoordig, het aan die dames die Bababokskonsep verduidelik.
Dié kerk het die Bababoks in 2019 installeer en is een van drie bababokse in die stad.

Lee het aan die dames verduidelik hoe die boks werk en wat die projek alles behels.
Op ʼn ligter noot het Kathy Boshoff met die dames gedeel hoe ʼn melkkarton en toiletrolle kinders lekker kan besig hou.

Rina Breedt het ook vertel hoe belangrik dit is dat kinders meer moet lees.

Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: za.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram
