Local newsNews

Witbank Rugbyklub vereer uitstaande spelers

Altesaam 31 trofeë is tydens die klub se prysuideling uitgegee.

Witbank Rugbyklub se prysuitdeling die afgelope naweek is op gepaste wyse gevier.

Een na die ander is die spelers op 11 November na vore geroep om hul trofee te ontvang na afloop van die opwindende seisoen.

Waldo Nelson en Odwa Nkunjana saam met Juan Small wat die trofee vir die spelers se spelers van die jaar oorhandig het.

Op die mees gesogste trofee van die aand is deur Vince Roos opgeraap.

Dié speler van die jaar het ook vier ander trofeë sy eie gemaak.

Waldo Nelson is die voorspeler van die jaar. Gerhard van der Heever oorhandig die trofee aan hom.

Die rugbyklub se president, Gerhard van der Heever, het gesê hierdie was ’n uitsonderlike jaar vir die klub wat nou nog in hulle babaskoene staan.

 

Die klub is in 2018 gestig en alreeds is hulle ’n span om mee rekene te hou op die veld.

Tshapang Tau is die junior speler van die jaar. Juan Small oorhandig die trofee aan hom.

“As Mpumalanga Rugbyunie wens ons elke wenner baie geluk. Julle het as ’n span baie gegroei,” het Zelda Freitag die boodskap van die Mpumalanga Rugbyunie oorgedra.

Lees meer oor dié prysuitdeling in die week se uitgawe van WITBANK NUUS.

SIEN DIE RES VAN DIE FOTO’S HIER:

Mynhardt Smith het die trofee ontvang vir meeste kaarte in die eerste span. Christo Nelson oorhandig sy trofee aan hom. Hy het ook die trofee ontvang vir ‘bollie-maker’ van die jaar.
Juan Small oorhandig die trofee vir kroegvlieg van die jaar aan Derick Haasbroek.
Die trofee vir ‘trip switch’ van die jaar gaan aan Nthabi Makgakga. Rudo Marx oorhandig die trofee aan hom.
Die ‘bus is vol’ trofee van die jaar gaan aan Lefa Leshaba. Gerhard van der Heever oorhandig die trofee aan hom.
Juan Small oorhandig die trofee vir persoonlikheid van die jaar aan Lefa Leshaba en Mynhardt Smith.
Tshapang Tau het die meeste tyd gespeel. Christo Nelson oorhandig die trofee aan Tshapang.
Juan Small oorhandig die trofee vir mees lojaalste speler vir die eerste span aan Joe Fourie en Mynhardt Smith.
Stefan Nel is die mees veelsydigste van die jaar. Sy trofee word deur Gerhard van der Heever oorhandig.
Derick Haasbroek en Stefan Nel het vanjaar uitsonderlike verdedig in die voorry en daarom is besluit dat hulle die trofee vir takel van die jaar verdien. Gerhard van die Heever oorhandig die trofee aan die twee ysters.
Die agterlyn takel van die jaar word ook deur twee spelers gedeel. Vanjaar gaan die trofee aan Mynhardt Smith en Vince Roos. Christo Nelson oorhandig die trofee aan die spelers.
Vince Roos en Tshapang Tau het vanjaar die punte opgestapel. Hulle kry die trofee vir driedrukkers van die jaar. Gerhard van der Heerver oorhandig die trofee aan hulle.
Michael Chabant se visier is ingestel op die pale. Dié skop-koning is aangewys as die skopper van die jaar. Sy trofee word deur Juan Small oorhandig.
Die agterspeler van die jaar is Odwa Nkunjana. Juan Small het die gesogte trofee aan Odwa oorhandig.
Gerhard van der Heever oorhandig ’n trofee aan Derick Haasbroek. Derick is aangewys as die kaptein van die jaar.
Onder luide toejuiging word die trofeevir afrigter van die jaar deur MC Botes aan Gerhard van der Heever oorhandig.
Die spelers se spelers van die jaar is Waldo Roos en Odwa Nkunjana. Juan Small oorhandig die trofee aan die twee spelers.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na [email protected] of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button