Local newsNews

Pannies hardloop dat die stof staan

Almal was wenners op die veld.

Laerskool Panorama se Graad R klassies het hul fokus gedraai na die sportveld.

Cathrine Matthysen, Mc Kayla Badenhorst, Montane Makofane, Lilhe Masango.

Die warm son het nie die atlete se spoed gebreek nie en elke leerder het sonder huiwering die aktiwiteite meegemaak.

Sisekelo Maluka.

Ouers het Vrydag, 17 November, vol gees die hardlopertjies aangehits en ondersteun.

Sibusiso Mahlangu.

Die hekkies-spring en hardloop-afdelings was albei kort afstande.

LJ Payne en Jurie van Altena.

Daar was ook springkastele vir die leerders om op te baljaar.

Die Graad R leerders het gewys dat hulle gereed is vir die ‘groot skool’ en al die sport-aktiwiteite wat vir hulle voorlê in 2024.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button