Local newsNews

Gewone mense maak ’n verskil by die Vroue Landbou-unie Nocturne-tak in eMalahleni

Paasfees is baie spesiaal vir die Vroue Landbou-unie Nocturne-tak.

Die Vroue Landbou-unie  Nocturne-tak het hierdie maand heeltemal uit die boks gedink en met ’n blink idee vir Paasfees vorendag gekom.

Lizette de Beer en Liza Retief word as nuwe lede verwelkom deur die voorsitter. Wilma van Zyl.

In plaas van sjokolade paaseiers het hulle hoendereiers in hul boksies gevat en al te spoggerig opgedollie met kleurpapier, lint en die mooiste kreatiewe mooimaak goedjies.

Marcelle van Vuuren oorhandig ’n vyf-jaar toekenning aan Laura Willer.

Die tak het 75 pakkies eiers mooigemaak.

Marcelle van Vuuren oorhandig ’n vyf-jaar toekenning aan Wanda Blignaut.

“Dit is 450 eiers en ons gaan baie mense met hongernood kan help,” het takvoorsitter Wilma van Zyl gesê.

Lynette Wilsenach.

Die streekvoorsitter, Marcelle van Vuuren, het ook kom inloer en die tak geluk gewens met al die toekennings wat hulle by die streekskonferensie ontvang het.

Lenie Swan, Jackie Potgieter en Wilma van Zyl.

Marcelle het die tak aangemoedig om baie artikels in te skryf vir die opkomende kompetisies.

Elize Schoeman.
Liza Retief.
Lize Visser.
Susan Langeveldt.
Karen Oberholzer en Vikki van der Merwe.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button