Local newsNews

eMalahleni se bedelaar uitgevang oor arm-storie

Video duik op van een-arm bedelaar van eMalahleni wat die kitaar tokkel terwyl hy voorgee hy het net een arm.

Die ‘een-arm’ bedelaar se geheim is uit.

André Stoltz, wat elke dag by die brug in OR Tambo staan en bedel het aan WITBANK NUUS erken dat hy een van sy arms onder sy knopieshemp wegsteek wanneer hy bedel.

“My een arm werk nie,” het hy aan die joernalis vertel.

WITBANK NUUS het egter ‘n video opgediep waarin André die kitaar met beide hande tokkel

Sien die video hier

André het sosiale media aan die gons nadat ‘n plaaslike inwoner gevra het dat mense na André se storie moet luister.

Bedelaar het glo Huntingdons siekte

André het glo vir die vrou vertel hy het Huntingdons siekte.

Dit is ‘n ongeneeslike breinsiekte wat lyers se spraak beweging en kognitiewe funksie beïnvloed.

Hy het glo ook vir die vrou gesê die geld, wat hy by die verkeerslig verdien, betaal vir dialise wat hy glo twee keer ‘n week ondergaan.

Hy het egter verbaas gelyk toe die vraag aan hom gestel is, en gesê hy het vir niemand gesê hy gaan vir dialise nie.

André Stoltz se arms.
Bedelaar is rekenaargeletterd

“André is baie kreatief en het baie kennis oor sagteware. Hy is ‘n fundi in grafiese ontwerp,” het Fred Landman gesê.

Landman het vir André se rehabilitasie betaal.

“Hy het die program klaargemaak. Hy is toe ‘n pos by die rehabilitasiesentrum aangebied, maar het daar ingebreek en is toe weggejaag.”

Die rehabilitasiesentrum het die voorval bevestig.

Wat is jou opinie?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

 

 

 
Back to top button