Familie vra vir hulp om gestremde te laat begrawe
Gestremde wat op koue vloer moes slaap, is vroeër die week oorlede. Sy familie kort R22 000 om hom te ruste te lê.

Daar word inderhaas geld bymekaar gemaak om Gideon de Beer te laat begrawe.
Dié gestremde man wat op ’n koue sementvloer in Witbank Hospitaal moes slaap, is Dinsdag 14 Mei oorlede.
Hy word Saterdag 18 Mei in Potchefstroom by sy ouma begrawe.
Die 55-jarige gestremde man se niggie, me. Sandra Greyling het hom uit Witbank Hospitaal geteken omdat hy die eerste nag na sy opname op Saterdag 4 Mei, op ’n klipharde bankie moes slaap en Sondagoggend 5 Mei het sy hom in ’n hoekie op ’n yskoue sementvloer in die hospitaal gekry waar hy deur die nag geslaap het.
Plaaslike nuus | Familie pleit dat iemand moet ingryp voor gestremde sterf
Lees meer hier:https://t.co/VZ8v9s9qKd#witbank #disabled #hospital #emalahleni
— WitbankNews (@WitbankN) May 10, 2024
“Ek kon Gideon Woensdag 8 Mei nie daar agterlaat nie. Hy het sy doek bevuil en daar was nie eers moeite gedoen om hom skoon te maak nie. Hy het vir ons gesê hy lê maar daar en wag dat hulle hom help, want as hy om hulp roep word hy geïgnoreer,” het Greyling gesê.
Sy het genoem dat elke keer as hulle hom besoek, hy baie honger en dors was.
Sy het ook gesê hy het nie sy kroniese medisyne gekry nie.
“Ons vermoed hy het ’n beroerte gehad terwyl hy in die hospitaal was.”
Greyling het gesê De Beer het die dag nadat sy hom uitgeteken het, sieker gelyk en sy het ER24 gekry om hom Impungwe Hospitaal toe te vervoer.
“Alle lof aan ER24 se personeel. Hulle het dadelik die leiding geneem en namens ons die praatwerk gedoen en Gideon was opgeneem.”
Daar is by dié hospitaal vasgestel dat De Beer glo kanker het.
“My hart is stukkend, aan flarde. Gideon is vroeg vanoggend oorlede. Sy laaste rukkie op aarde was loutere hel gevolg deur empatie en liefde van verpleegpersoneel by Impungwe,” het Greyling die boodskap aangestuur.
As jy wil bydra om vir Gideon se begrafnis re dek, kan die geld direk in die begrafnisondernemer se rekening betaal word en GC de Beer kan as verwysing gebruik word. Die rekeningbesonderhede is:
- Mosaic Funeral Group Potchefstroom
Absa
Tjek Rekening
4076394108
Bewys van betaling kan gestuur word aan 073 645 7676.
Vertel ons meer oor jou ondervinding.
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.