Local newsNews
’n Groot boom val in eMalahleni
Oom Wimpie soos hy alombekend gestaan het, het ’n geruime tyd met sy gesondheid gesukkel.
Volgens sy seun, Tommy, het oom Wimpie Glover vanoggend ineengestort kort nadat hy wakker geword het.
“My pa het al ’n rukkie met sy longe gesukkel en sy suurstofvlakke was baie laag. Ons vermoed hy het ’n massiewe hartaanval gehad,” het Tommy gesê.
Oom Wimpie was 75 jaar oud.
Tommy het Legacy Emergency Medical Services bedank vir hulle hulp vanoggend.
Oom Wimpie laat sy vrou Bets, kinders Adriaan, Roelien, Tommy en Ida, ses kleinkinders en een agterkleinkind agter.
Het jy ’n onthou-storie om te vertel van oom Wimpie?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!