Aiden se uitrusting laat die koppe draai by Helpende Hand se skou
Yvonne van Vuuren het Ons Winkel se koeksister kompetisie gewen.
Die Solidariteit Helpende Hand Witbank-tak se Kar- en Klankskou is agter die rug.
Die wenners van die onderskeie kompetisies is tydens die skou op Saterdag, 7 September, aangekondig.
Aiden Barnard het WITBANK NUUS se koerantuitrusting kompetisie gewen.
Aiden se uitrusting wat hy ‘news flash’ gedoop het, het dadelik die aandag getrek. Hy het tot liggies aan sy uitrusting aangewerk.
Aiden het R500 kontant gewen.
Laerskool Panorama het die meeste inskrywings gehad en ook R500 opgeraap.
Yvonne van Vuuren het Ons Winkel se koeksister kompetisie gewen.
Die beoordelaars het gesê daardie koeksister was ‘flippen’ lekker gewees.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.