Local newsNews

Die ver‘skil’ in aartappelpryse

Inwoners van eMalahleni kan weer aartappels eet sonder om ’n arm of ’n been te betaal daarvoor

Inwoners van eMalahleni kan ’n sug van verligting slaak – die groot aartappel-apokalips van 2024 is verby.

Jy hoef nie meer te huil oor ‘wedges’ wat jou beursie dreineer of aartappelslaai opoffer vir verbeeldinglose pastaslaai nie.

Die winter se swartryp het boere in Limpopo paniekbevange gelaat – hul aartappels is letterlik deur die ryp gebraai.

In Augustus was dit aangekondig dat ons heerlike aartappels se prys met 15% gaan styg, wat styselliefhebbers laat kwyl het vir hul geliefde braai met ’n aartappelslaai.

Winter het gekom en gegaan en die Limpopo boere oes nou aartappels asof dit uit die mode uit gaan.

Jy kan dus weer jou gunsteling kapokaartappels, krakerige gebakte aartappels en ‘slap chips’ met sout-en-asyn vir jou gesin voorsit, maar teen ’n billike prys.

“Die pryse van aartappels het al kwaai gesak vanaf 7 Oktober af,” het Hanlie Koch van die Witbank Subtropico Varsproduktemark gesê.

Gesondheid uit die grond uit – lank lewe die veelsydige, nederige aartappel!

Deel jou lekkerste aartappelgereg met ons.

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button