Vanessa deel haar storie kaalvoet voor God
Vanessa is ’n gesogte motiveringspreker wat al voorheen in eMalahleni kom kuier het.
Kaalvoet voor God deel Vanessa haar storie.
Victory Family Church het die naweek gasheer gespeel vir die motiveringspreker, Vanessa Goosen.
Vanessa het haar getuienis Saterdag, 26 Oktober, gedeel en die gaste in trane gehad met haar nederig en opregte vanuit-die-hart geselsie.
Vanessa het haar skoene uitgetrek en gesê sy staan kaalvoet voor God, want Hy het haar uit die diepste seer opgetel om vandag siele vir Sy koninkryk te oes.
“Ons het die saad gedra, nou is dit ons taak as vroue om vir ons gesinne te bid en hulle met God se goedheid en guns te bedek,” het Vanessa gesê.
Die 21-jarige finalis in die Mej. SA kompetisie se nagmerrie in 1994 het begin toe sy op die lughawe in Thailand gearresteer is vir dwelmhandel.
“‘n Man het heroïne in ingenieurs-handboeke versteek en my gevra om die boeke terug Suid-Afrika toe te bring. Ek het nie eers geweet wat is heroïne nie,” het sy haar verhaal begin.
Sy was toe swanger, maar owerhede het hulle nie aan haar pleidooi en verduideliking gesteur nie. Haar dogter, Felicia, was drie toe sy teruggestuur is Suid-Afrika toe. Vanessa het 16 jaar in die Thaise tronk spandeer.





Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
