Die fietsryer wat so bietjie meer as ’n week terug van sy fiets afgestamp is, is by die huis en het ’n brief geskryf om dankie te sê.
Die ongeluk waarin Lumardt Pienaar beseer is het op 3 November net na 18:00 in die parkeerarea by Saveways Sentrum gebeur.
LUMARDT SE BRIEF
Aan elkeen van julle, ek wil ’n oomblik neem om opreg dankie te sê vir die ongelooflike oorvloed van liefde, ondersteuning, gebede, en boodskappe wat julle my kant toe gestuur het. Hierdie ‘journey’ was een van die moeilikste ervarings van my lewe, en daar was oomblikke in die hospitaal waar ek bang was en gewonder het of ek ooit weer sterk sou voel. Maar diep binne het ek geweet dat my reis nog nie voltooi is nie.
Ek is dankbaar om te kan sê dat ek nou op die pad na herstel is. Julle aanmoediging het my krag gegee toe ek dit die nodigste gehad het, en ek is so dankbaar om so ’n ‘supporting’ gemeenskap rondom my te hê.
Julle het ’n ongelooflike rol in my herstel gespeel, en ek is dankbaar vir alles wat julle vir my en my familie gedoen het. Aan al my vriende, fietsryvriende en hulle families – dankie dat julle saam met my en my familie gestaan het. Julle boodskappe, besoeke en gebede beteken vir my meer as wat woorde kan sê. Ek sou dit nie sonder julle almal kon deurmaak nie.
Ek voel ‘humbled’ en ongelooflik geseënd om soveel wonderlike mense in my lewe te hê.
Uit die diepte van my hart, dankie vir elke gebed, elke boodskap, en elke bietjie liefde en ondersteuning.
Julle het ’n verskil gemaak in my ‘journey’ en ek sien uit na die dag wanneer ek weer saam met elkeen van julle kan ry.
‘Nothing of great magnitude was ever achieved by being average’ – ek leef volgens hierdie motto, en hierdie tyd het my gewys dat ons almal gebore is om groot dinge te bereik!
Liefde, Lumardt
*Die polisie ondersoek ’n saak van roekeloos of nalatige bestuur.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
