Local newsNews

Panorama Kersmark spog vanjaar met meer as 100 stalletjies

Panorama Kersmark is ’n instelling in eMalahleni.

Panorama Kersmark skud hul vere reg vir die volgende week.

Dié kersmark wat geen bekendstelling nodig het nie, skop Maandag 25 November af.

Vir die hele week tot Saterdag 30 November kan jy gaan inloer en jou kersgeskenke koop.

Daar is vanjaar 100 stalletjies met baie nuwe uitstallers aan boord.

Jy hoef nie eers aan aandete te dink nie, want daar word die allerheerlikste disse en lekkernye te koop aangebied.

Die gewilde teetuin is ook weer terug op die vierkant.

Vrydagaand is dit veiling-tyd.

Kom geniet die week propvol Kersinkopies by die NG Panorama Kerk wat in Adelastraat geleë is

Vir meer inligting kontak 013 650 5027.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button