Local newsNews

Leeuwpoort Koelkamers maak deure toe

Na jare in die vleisbedryf is die pad na die bekende Leeuwpoort Koelkamers nou stil.

’n Hoofstuk in eMalahleni se geskiedenis is oor die naweek afgesluit.

Na meer as 18 jaar is die deure finaal toegemaak by Leeuwpoort Koelkamers.

Me. Bets Glover se hande het liggies gebewe en die hartseer het haar oë troebel gemaak toe sy sê na haar man, mnr. Wimpie Glover se dood, het sy besluit om Strand toe te trek.

Oom Wimpie is op 5 Augustus oorlede. Hy het ineengestort kort nadat hy wakker geword het.

Tannie Bets het gesê sy gaan eers net haar voete vind.

“My familie is in die Kaap, dit gaan die trek makliker maak omdat ek weer na my mense toe gaan,” het sy gesê.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button