Jy kan die opvoering nie mis nie
Kaartjies beloop R60 per persoon en is reeds beskikbaar.
Die AGS Oasis gemeente is besig om voor te berei vir hulle Kersproduksie.
Dié produksie gaan Vrydag, 6 Desember tot Sondag, 8 Desember op die planke gebring word.
Die tema van die produksie is, ‘Daar is ’n God’.
Die kaartjies wat R60 kos is ook by die deur te koop.
Daar sal ook heerlike worsrolle en koeldrank te koop wees.
Die produksie vind in die AGS Oasis Kerk plaas en begin die Vrydag-, Saterdag- en Sondag-aande om 18:30.
“Ons nooi die gemeenskap van eMalahleni uit na hierdie Kersproduksie. Dit gaan ’n belewenis wees en kan nie gemis word nie,” het pastoor Deon Scheepers hartlik uitgenooi.
Navrae rondom kaartjies kan by Deon: 083 7011737 of by die kerkkantoor: 013 692 8174 gedoen word.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
