Local newsNews

Oom Rudie was ’n rots met vaste beginsels

Oom Rudi was ’n sterk pilaar in die gemeenskap wat altyd daar was as iemand oor Zello geroep het in ’n noodsituasie.

Gisteraand was daar baie wat ’ְn stille traan afgevee het, nadat die laaste roep vir Oom Rudie Botha oor die Zello-kanaal geroep is.

Oom Rudie is gistermiddag oorlede.

Hy het al ’n geruime tyd met sy gesondheid gesukkel.

Oom Rudie is so bekend vir die onbaatsugtige werk wat hy gedoen het om die gemeenskap veilig te hou.

Hy het gereeld patrollies gery en was vir agt jaar die voorsitter van Modelpark se buurtwag onder die SACCW vlerk.

“Oom Rudie ons sal jou nalatenskap altyd onthou. Jy het jou skoene volgestaan en was vir ons van onskatbare waarde,” het Tommie Potgieter van SACCW gesê.

@witbanknews SACCW responder Oom Rudi Botha passed away yesterday. A last call was made for Oom Rudie over the Zello-channel last night. #Witbank #emalahleni #witbanknews #lastcall #zello #responder #goodbye #salute #alwaysthere #community ♬ original sound – witbanknews

“Ek gaan oom se stem mis. Oom was altyd gereed om te reageer as ek geroep het,” het Annemarie Bouwer – die operasionele bestuurder van SACCW gesê.

Daar word op 6 Desember om 10:00 ’n liefdesdiens vir Oom Rudie by die Ou Apostoliese Kerk in Tasbetpark gehou.

Oom Rudie was 69 jaar oud gewees.

Het jy ’n storie om te vertel van Oom Rudi – deel dit gerus met ons.

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button