Local newsNews

Witbank Geloftefees skop vandag af

Die klank van kanonskote sal elke aand deur die lug klief wanneer dit by die Geloftefees afgevuur word.

Die Witbank Geloftefees, wat al ’n instelling in eMalahleni is, skop vandag af.

Dit vind tot 16 Desember oorkant die Portugesesaal plaas.

Vroeg vandag is die tente al opgeslaan en die voorbereidings vir die week se propvol program is afgehandel.

Tot 15 Desember word daar elke aand twee kanonskote afgevuur. Op 16 Desember word daar sewe kanonskote afgevuur.

Dit word voorafgegaan met boekevat elke aand om 18:00 en daarna kan heerlike koffie en tee genuttig word.

Daar is stalletjies wat watertand-lekker eetgoed, kerrie en rys, ‘bunnychow’, potjiekos, springmielies, spookasem en vars gebak te koop gaan aanbied. Daar is ook mooi aandenkings, juwele en boerseep te koop.

Boerbrood is beskikbaar en moet die dag voor die tyd bestel word.

Vanjaar gaan daar ook op 11 en 12 Desember vir die kar-entoesias pragtige veteraan karre wees om van nader te gaan bekyk.

Op 13 Desember om 17:00 gaan die digter, Hannes Joubert, van sy gedigte voorlees.

The Mood Music gaan sorg vir musiek en ’n lewendige optrede op 14 Desember vanaf 15:00 tot laat.

Op Geloftedag, 16 Desember, word ’n oggenddiens om 10:00 deur ds. Ben Strijdom in die Portugesesaal gehou.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button