Local newsNews

Charles ‘wheelie’ nou sy ysterperd tussen die engele

“My hart is stukkend,” het Charles Slabbert se vrou, Driena, gesê.

Die motorfietslegende, Charles Slabbert (59) het die stryd teen kanker verloor.

Charles is vanoggend in die vroeë  oggendure by sy huis oorlede.

“Net voor middernag het ek gehoor Charles begin hoes. Sy bors het nie lekker geklink nie. Ek het hom regop laat sit en gemaklik gemaak. Ek en my kinders het op die bed by hom gesit en geweet ons neem afskeid. Hy het diep in my oë  gekyk en ek het hom vertel hoe baie lief ek hom het. Hy is net daarna oorlede,” het sy vrou, Driena gesê.

Sy het gesê haar hart is in stukke.

“Ek weet nie hoe om sonder Charles aan te gaan nie.”

Charles het die afgelope vier jaar teen kanker bakklei.

Ondanks die siekte, die nagevolge van die chemoterapie en bestraling het Charles se oë altyd opgeflikker wanneer hy oor sy passie op twee wiele gesels het.

“Ek wil nog net eenkeer ‘wheelie’,” het hy onlangs nog laggend gesê.

Het jy ’n storie om te vertel van Charles?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

 

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button