Local newsNews

11 jaar na hond haar byt, wil Luané verpleging gaan swot

20-jarige wil ’n verskil in ander se lewens maak ná traumatiese ondervinding 11 jaar gelede.

Luané Lottering se glimlag steek die liggies in haar oë aan.

As jy mooi kyk, sal jy die letsel op haar regterwang opmerk.

Die letsel was in Desember 2014 veroorsaak deur die familie se Great Dane, Gino, wat na ’n voël gehap en haar per ongeluk raak gebyt het.

Sy was eers na Life Kosmos Hospitaal toe gejaag en oorgeplaas Wilgers Hospitaal toe.

Luané Lottering is 11 jaar terug deur ’n hond gebyt.

Haar wangbeen was heeltemal los en na 300 steke en drie ure in die teater, was dit weer vasgeheg.

“Dit was nie Gino se skuld nie. Ek het soos altyd die voëltjies gevoer en hy het altyd die voëls gejaag en eie aan sy natuur, wou hy die voëltjie byt. Ek was net in die pad,” het Luané vertel.

 

Lees meer hier:

Luané terug skool toe na hond haar byt

Haar liefde vir verpleegkunde is so diep gewortel dat sy vakansies by Legacy Emergency Medical Services ingespring het om te help.

En in Oktober het sy haar sertifikaat vir huisgebaseerde gesondheidsorg ontvang.

Luane wil nou haar passie vir mense uitleef en droom om verpleegkunde te studeer.

@witbanknews

Luané Lottering se glimlag steek die liggies in haar oë aan. As jy mooi kyk, sal jy die letsel op haar regterwang opmerk. Die letsel was in Desember 2014 veroorsaak deur die familie se Great Dane, Gino, wat na ’n voël gehap en haar per ongeluk raak gebyt het.

♬ original sound – witbanknews – witbanknews

Maar, daar is ’n reuse hekkie in die pad.

Sy kort R20 000 as deposito om haar plekkie te verseker by ’n geregistreerde instansie, om haar droom te verwesenlik.

“Ek is opreg lief vir mense en ek wou nog altyd verpleeg. Ek het nou ’n kans om verder te gaan studeer, maar as ek nie daardie deposito betaal nie, sal ek my plekkie in 2026 verbeur,” het sy hoopvol gesê.

As jy Luané wil ondersteun in haar droom, kan jy haar skarebefondsing op haar BackaBuddy besoek.

Het jy meer inligting oor dié artikel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button