Local newsNews

Jong fietsrysensasie in hospitaal na val

Ma pleit vir gebede vir fietsryer wat na tref en trap verlede jaar weer aan die oefen was vir sy volgende groot kompetisie.

Lumardt Pienaar is weer in die hospitaal.

Dié keer baklei die fietsryer teen infeksie nadat hy op 17 Januarie met sy fiets in Dullstroom geval het.

Hy is per ambulans na Middelburg Life Hospitaal toe geneem en daar is vasgestel dat hy sy knie erg beseer het.

Intussen het hy infeksie opgedoen en dit is in sy bloedstroom.

Lumardt is baie siek en dokters probeer hard om die infeksie te beveg.

Hy is tans in die intensiewesorgeenheid.

“Bid asseblief vir my kind,”het sy ma, Raylene gepleit.

Fietsryer verlede jaar van sy fiets afgestamp

Lumardt het verlede jaar baie seergekry toe hy by Saveways Crescent deur ’n motoris van sy fiets afgestamp is.

Hy was besig met ‘n oefenrit nadat hy die vorige naweek tweede in die Alzu Tour de Farm geëindig toe die kar hom in die winkelsentrum se parkeerarea gestamp het.

Die nadraai van die insident was dat die jong man epileptiese aanvalle begin kry het. Dokters het dit onder beheer gery en die fietsryer se speke het kort daarna weer begin sing terwyl hy kliphard geoefen het.

Lumardt se ouers is baie teleurgesteld in die polisie se ondersoek omdat die verdagte van die tref en trap nog nie gearresteer is nie.

“Die polisie het laat weet dat die dossier weg is en daarom is daar nog niks aan die ondersoek gedoen nie,” het Raylene gesê.

Die klagte is onder die polisie se aandag gebring.

LEES MEER HIER

Fietsryer raakgery – bestuurder van bakkie jaag weg

Lumardt is by die huis

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button