Die laatmiddag Hoëveld donderstorm het gistermiddag chaos op die paaie veroorsaak.
Die Zello-kanaal het weergalm van een roep na die ander waar hulp vir insleepdienste en ambulanse gevra is.
Annamarie Bouwer, die koördineerder van die Zello-kanaal het bevestig daar was vier ongelukke op die N4 reg oorkant die begraafplaas min of meer dieselfde tyd.
Thomas Malatjie van Tom Dollar Towing was op die toneel en het gesê die reën was die oorsaak van die ongelukke.
Terwyl Malatjie die ongelukke ingeroep het, is nog twee ongelukke aan Middelburg se kant aangemeld en insleepdienste moes bontstaan.
Gavin Whittaker van Feilims Recovery het gesê die veiligste is om nie te bestuur in die slegte weer nie.
“Stel eerder jou rit uit. As jy reeds op die pad is en die storm bars los, handhaaf ’n veilige volgafstand en ry met jou kar se hoofligte aan. Ry stadiger wanneer dit reën, maar haal jou voet geleidelik van die versneller af omdat dit gevaarlik is om skielik rem te trap, want jou voertuig kan gly”.
Het jy meer inligting oor dié artikel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of skakel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
