Local newsNews

Kommandowurms tref boere in die omgewing

Boere in die omgewing het die afgelope twee weke ’n stryd teen die Afrika-kommandowurms gevoer.

Boere in die omgewing het inderhaas die sipermetrien uitgehaal en begin spuit nadat kommandowurms ook in die omgewing gevind is.

Volgens dr. Gerhard Verdoorn, direkteur van die Griffon Gifinligtingsentrum en ’n konsultant vir die landbou-chemiese bedryf, het die uitbraak hom heeltemal onkant gevang en dit word beskryf as die grootste uitbraak in 30 jaar.

Kommandowurms hou die grootste gevaar in vir grasspesies en aangeplante vee-weiding.

“Die wurms vreet enige iets wat groen is, en jong mielies sal ook in die slag bly. Ouer mielies word deur hul ‘baarde’beskerm, ”het hy gesê.

Verdoorn het aan WITBANK NUUS gesê sodra boere die wurms opmerk moet hulle dadelik spuit en bygelas sipermetrien is die beste bestrydingsmiddel is vir die kommandowurm.

“Mens kry ’n spesifieke sipermetrien wat vir kommandowurms gebruik word, 200ml sipermetrien per hektaar kan gespuit word om van die wurms ontslae te raak,” was sy raad.

Hy het gesê sipermetrien is meer omgewingsvriendelik, en is skadeloos vir voëls, ander diere en waterbronne.

Verdoorn het gesê die hoë temperature en aanhoudende reën het bygedra tot die infestasie.

Kolonies van hierdie wurms is in Bronkhorstspruit, Middelburg Stoffberg, op die Loskopdampad, Badplaas en Carolina, Mashishing, Natal tot so ver as Kokstad  gerapporteer.

Het jy meer inligting oor dié artikel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button