Daar wag ’n internasionale geurgenot by die Basileia Gemeente se basaar
Volgende week se basaar by die Basileia-gemeente gaan beslis een vir die boeke wees. Moenie dit misloop nie.
Maak jou sitplekgordel vas – Basileia-gemeente hou weer vanjaar basaar!
Kom kuier 7 en 8 Maart, van vroeg tot laat by Basileia-gemeente, waar die wêreld om die tafel ontmoet.
Met die belofte van internasionale geurgenot, met soet en sout om van te kies en keur, en die vrolike klanke van die Velvet Sounds Oompah Band, wag daar ’n uitbundige fees op besoekers.
Van tradisionele Suid-Afrikaanse geregte tot internasionale lekkernye, is daar vir elke smaak iets.
Met die geurige reuke van boerewors, pap en kaiings, ribburgers, potjiekos, Chicken à la King, roomys, en nog vele meer, is die belofte dat geen besoeker honger huistoe sal gaan nie.
Benewens die smul spyskaart, is daar ook verskeie vermaak-opsies – akrobate, lyndansers, trompoppies, fiksheidsgroepe, musiek-optredes, en verskeie aktiwiteite vir jonk en oud. Bring jou woelwaters na die propvol kinderpret Fun Factory en Disneyland aktiwiteite, met spring en skiet, verf en speel.
Vir die inkopielys is daar menige stalletjies wat sorg dat niemand leë hande staan nie.
Die Basileia-gemeente is geleë te Hans Strydomlaan. Vir meer inligting oor die basaar, skakel 068 012 6333.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
