Local newsNews

Nog geen antwoorde na moord op vrou

Shane Baury is bekommerd dat die moord op sy verloofde, Suzelle Bennett, nie die polisie se volle aandag kry nie.

Vosman polisie is steeds op soek na leidrade in verband met die moord op Suzelle Bennett.

Bennett se liggaam is op 10 Februarie langs die N4 snelweg naby KG Mall gevind nadat sy die vorige dag spoorloos verdwyn het.

SACCW koördineerder, Annamarie Bouwer, het gesê ’n egpaar op pad terug van Golden Mile af het Bennett die dag tevore langs die pad gesien stap, net verby El Paso en gestop omdat hulle vir haar veiligheid gevrees het.

“Die egpaar was baie bekommerd en haar gevra of hulle haar êrens kan aflaai. Sy het aangedui sy was op pad terug Kemptonpark toe en gevra dat die egpaar haar by die Engen Garage aflaai,” het Bouwer gesê.

Van daar af was Bennett soek.

Haar verloofde, Shane Baury, het gesê hy het Bennett op 7 Februarie by haar tannie afgelaai sodat sy bietjie by haar familie kan kuier.

“Sy het absoluut niks aan haar familie gesê nie en eenvoudig by die hek uitgeloop en was nie weer gesien nie,” het Baury gesê.

Hy het hartseer gesê Bennett was verkrag en soos vullis langs die pad gelos.

“Daar is videomateriaal wat wys dat Suzelle in die geriefswinkel was en toe sy uitstap, het iemand haar gestamp en agtervolg. Die polisie het ook die videomateriaal. Ongelukkig is ons nie ryk, bekend of mense met politieke bande nie. Ons is gewone mense en Suzelle is net nog ’n misdaadstatistiek,” het Baury magteloos gesê.

Kaptein Vusi Mnisi van Vosman polisie het gesê die ondersoek duur voort.

Het jy meer inligting oor dié artikel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button