12-jarige sterf – ma vertel van bitter hartseer
Die oorsaak van die tiener se dood word nog ondersoek.
Daar is nie genoeg woorde om die seer te beskryf waardeur ’n ouer gaan wat ’n kind aan die dood afgestaan het nie.
’n Mamma, Venice Vosloo, sukkel om die skerwe van haar hart op te tel na die skielike dood van haar dogter.
Zariskia Czövek (12) is op 28 Februarie dood aangetref in ’n badkamer by ’n gastehuis waar die gesin vir die naweek ingeboek was.
Volsoo het vertel hulle het by ’n bekende gastehuis in Pietersburg ingeboek toe hulle by familie gaan kuier het.
Die gesin is op 28 Februarie net voor 21:00 gastehuis toe.
Zariskia het gaan stort en is later leweloos in die badkamer gevind.
Tussen die stortvloed van trane het Vosloo probeer vertel hoe sy alles in haar mag gedoen het om Zariskia by te kry, “Ek het met alles in my probeer om haar wakker te kry, ek het mond-tot-mond asemhaling toegepas en het haar hartjie masseer. Haar lippies was blou. My baba was weg, my baba is dood …”
Zariskia se dood volg skaars vier maande na haar pa, Jacques Czövek se dood in Oktober.
Die eienaars van Makarios Lodge het by navrae gesê hulle het geen inligting nie en die media terugverwys na Vosloo toe.
Lees die volle berig in die week se uitgawe van WITBANK NUUS.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
