Local newsNews

Japie slaan kolhou tydens seehengelklub se gholfdag

Wanneer die seehengelaars hul visstokke bêre en op die gholfbaan toesak, is daar altyd pret en plesier.

Koning Makriel Seehengelklub (KMSK) se gholfdag het aan Japie Kleynhans behoort.

Dié kranige golfspeler het ’n kolhou op die 16de putjie, wat ’n syfer drie putjie is, aangeteken.

KMSK se gholfdag op 28 Februarie was ’n wegholsukses gewees.

Altesaam 126 spelers het deelgeneem.

Die verste dryfhou (183m) is deur Leonard Clark geslaan.

Ruan van der Merwe en Leonard Clarke.

Naaste aan die pen op die agtste putjie is deur Nardus van den Berg opgeraap.

Ruan van der Merwe en Nardus van den Berg..

Die wenners vir die dag was Darius Klaassen, Ferdi Prinsloo en Desmond McLallen.

Darius Klaassen, Ferdi Prinsloo en Desmond McLallen.

Martin van Schalkwyk, Gerhard Kachelhoffer, Marina van Schalkwyk en Meghan Kachelhoffer het tweede geëindig en Wimpie van Niekerk, TJ Furstenberg, Jaco Smal en Jacques van der Merwe derde.

Martin van Schalkwyk, Gerhard Kachelhoffer, Marina van Schalkwyk en Meghan Kachelhoffer.
Wimpie van Niekerk, TJ Furstenberg, Jaco Smal en Jacques van der Merwe.

Ruan van der Merwe van KMSK het al die borge bedank wat die dag moontlik gemaak het. Hulle het ook die spelers wat hulle ondersteun het bedank asook Witbank Gholfklub vir hul reëlings en gasvryheid.

WITBANK NUUS se #Gatvol golfdag vind op 21 Maart plaas. Word deel van die #Gatvol-inisiatief wat die dienslewering in Emalahleni ’n kolskoot slaan.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button