Van ʼn wilde merrie tot ʼn kampioen
Want wat is ’n bietjie kompetisie teen top-perde as jy reeds jou perd se hart gewen het.
Miandi Pretorius en haar groot liefde, Roxy Bay neem dié naweek aan die SA Arabian Nationals deel.
Die kompetisie vind op 27 tot 29 Maart by die Afridome Skougronde in Parys in die Vrystaat plaas.
Miandi het van kleins af ’n diep liefde vir perde ontwikkel.
Op die jong ouderdom van vyf het sy haar hart verloor op dié majestueuse diere, en sedertdien ry sy met onblusbare passie haar geliefde volbloed Arabier, Roxy.
Sedert September 2021 het Miandi en Roxy ’n onbreekbare band gevorm.
Dit was by Zalala Equestrian Centre waar hulle mekaar ontmoet het, en onder die bekwame leiding van Danell van Rooyen het hulle saam gegroei en ontwikkel.
Miandi neem deel aan skou- en dresseerklasse met Roxy, en het al menige rosette ingepalm by opeklasse.
“Ons is so ongelooflik trots op Miandi en Roxy. Hulle het hard gewerk om te kom waar hulle vandag is, en ons glo dat hulle die vrugte daarvan sal pluk,” sê haar ouers ondersteunend.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
