R547 verdagtes moontlik by moorde betrokke
Die polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om enige inligting van die derde verdagte te deel. Jy kan die inligting anoniem deurgee deur 08600 10111 te bel.

Die verdagtes wat twee weke terug gearresteer het nadat hulle van die polisie probeer vlug het, was moontlik betrokke by geweldsmisdade.
’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagtes moontlik betrokke was by ’n skietery in Belfast verlede maand waar twee mense noodlottig gewond is.
Daar word ook vermoed dat die verdagtes verantwoordelik was vir die moord op ’n man in Breyten op 15 Maart.
Die verdagtes is op 16 Maart gearresteer nadat hulle van die polisie probeer vlug het.


“Die voertuig waarin hulle gery het is opgemerk toe hulle vanaf Carolina na Hendrina en toe Bethal rigting gery het,” het Brigadier Donald Mdhluli, provinsiale polisiewoordvoerder gesê.
Intussen het sekuriteitsoffissiere van Fidelity Sekuriteit ingeval en ook agter die verdagtes aangejaag.
By die draai net na die Wolvekransbrug rigting eMalahleni het die bestuurder van die voertuig beheer verloor en is die veld in.
Die mans het uitgespring en die veld ingehardloop.
Die sekuriteit van Fidelity Sekuriteit en SAPS het hulle agterna gesit waarop die verdagtes begin skiet het. Die polisie het teruggeskiet en een in die proses gewond.
Hoëveldpark se buurtwag voorsitter, Frik van Dyk en Hattingh is die tweede man agterna.
Van Dyk het in die rivier ingegaan en die verdagte in riete gekry en gearresteer.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za