Die Vroue Landbou-unie se Azaria-tak het rede om breëbors te pronk.
Dié tak het die trofee ontvang vir die meeste inskrywings en die meeste punte in die Carpe Diem Streek vir artikels.

Die dames het 13 Maart, bymekaar gekom en hulle terugvoer oor die inskrywings gedeel.

Die tema vir die dag was Paasfees en die dames het boekmerke, kruise en harte gehekel.



Daar is lekker saamgekuier oor ‘n stomende koppie koffie en ‘n lekker ete.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
