Local newsNews
Die hemelsluise is oop in Emalahleni
Dit het gisteraand behoorlik katte en honde in eMalahleni gereën.

Reënmeters in eMalahleni loop oor.
Daar is gisteraand 76mm by die Witbank Yacht and Aquatic Club gemeet en in Blancheville 80mm.
Dit het ook in omliggende dorpe gereën en daar is 74mm in Ga-Nala gemeet.
Witbankdam was vanoggend 100% vol gewees.
Motoriste word gemaan om versigtig te ry oor laagwaterbruggies. Daar is ook paaie wat weggespoel het na gisteraand se reën in eMalahleni.
Luister gerus na die Zello-kanaal waar die plaaslike weer waarskuwings uitgereik word.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.