Clewer se toeka-kuier
Onvergeetlike herinneringe vat ou Clewer-inwoners weer terug in die verlede.
So kom die ‘goue’ jare weer tot lewe vir die inwoners en oud-leerlinge van Laerskool Clewer. Vir ’n rukkie was hulle weer jonk en sorgvry, verlore in die nostalgie van die verlede.

Op 29 Maart het ver paaie nie die mense gekeer om deel te wees van ’n onvergeetlike aand nie. Van ’n braaivleisvuur tot boeresport laat in die middag, was dit ’n skaterlaggeleenthied wat ou Clewer-leerlinge nie gou weer sal vergeet nie.

Jare het verbygevlieg, maar toe hulle weer mekaar herken, was dit asof hulle gister nog saam op skool was, “Ons het net weereens besef die lewe is só kort. Ons begin toe ons ou skoolpelle kontak en toe ons weer sien, het die groep gegroei tot 300 mense,” het Martin Engelbracht en Karien Venter opgewonde gesê.

“Ek is so dankbaar vir die geleentheid om weer van my ou skoolvriende te sien, en ook weer in die dorp rond te ry waar ons groot geword het. Ek onthou nog die dae toe ons toktokkie gespeel het, en op die hoeke van die strate gesit en gesels het, maar as die straatligte aangekom het, moes jy by die huis gewees het. Dit was die goeie ou dae,” het Pieter Ferreira nostalgies gesê.

Breaking news at your fingertips … Follow WITBANK NEWS on our website, Facebook, Twitter, Instagram or TikTok
Chat to us: info@witbanknews.co.za
