By HTS woeker die onnies met hul talente
HTS se onnies het bietjie die bordkryt vir die verhoog verruil en almal laat skaterlag met hul kwinkslae.
Op ’n aand wat niemand gou weer sal vergeet nie, het die onderwysers van die Hoër Tegniese Skool (HTS) besluit om hul talente buite die klaskamer ten toon te stel.

Die saal het op 27 Maart gedreun van genoegdoening oor die kwinkslae van HTS se geliefde onderwysers.

Die onderwysers bewys dat hulle nie net voor in die klas hard werk nie, maar ook op die verhoog hulle beste lewer.

Van opgewondenheid tot stres en ongemaklike kleredrag, het die onnies verseker nie teleurgestel nie.

Van dans en sing kan jy hierdie onnies niks leer nie, en het hulle seker gemaak dat die gehoor skaterlag oor al die energieke bewegings en passievolle toneelspel.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
