Local newsNews

Piet Tandemuis leer kleuters oor mondhigiëne

Goeie gewoontes en ’n glimlag vir elke kind sê Piet Tandemuis.

Piet Tandemuis, die geliefde karakter wat kinders help om die belangrikheid van tandversorging te verstaan, het onlangs ’n spesiale besoek aan verskeie kleuterskole afgelê.

Dit is ’n belangrike projek van Solidariteit Helpende Hand om jong kinders op ’n prettige en interaktiewe manier te leer oor mondhigiëne.

Met sy kenmerkende glimlag en vriendelike benadering, het Piet Tandemuis op 2 April die kinders betower met stories en liedjies oor hoe om hul tande skoon en gesond te hou.

Hy het verduidelik hoe belangrik dit is om tande twee keer per dag te borsel en om gereeld tandarts toe te gaan.

Michael Smith, Piet Tandemuis en Zoë Kemp wat dans vir die kinders.

Die kinders het met groot opgewondenheid deelgeneem aan die aktiwiteite, wat insluit die regte manier om tande te borsel en watter kosse goed is vir tandgesondheid.

Piet Tandemuis het ook ’n spesiale verrassing gehad vir elke kind – ’n kleurvolle tandeborsel en tandepasta om hulle te help om die lesse wat hulle geleer het, toe te pas.

Zoë Kemp, Junior Monyai en Michael Smith saam met Piet Tandemuis.

Die besoek was ’n groot sukses en het ’n blywende indruk op die jong leerders gelaat.

Michael Smith, Tayler Ludeke en Zoë Kemp saam met Piet Tandemuis.

Onderwysers en ouers was dankbaar vir die waardevolle lesse wat Piet Tandemuis oorgedra het, en hoop dat hierdie inisiatief ’n positiewe invloed op die kinders se mondhigiëne gewoontes sal hê.

Breaking news at your fingertips … Follow WITBANK NEWS on our websiteFacebookTwitterInstagram or TikTok

Chat to us: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button