Local newsNews

HGH se oud-leerders van 1975 wil reünie hou

Daar word later vanjaar ’n reünie vir die 1975 matrikulante van Hoërskool Generaal Hertzog beplan.

Vyftig jaar gelede het matrikulante op die skoolbanke van Hoërskool Generaal Hertzog gesit vol verwagting van ’n blink toekoms en met grootmensdrome.

Nou is die meeste van hulle al ‘rumatiekulante’ wat beoog om dalk ’n laaste keer nostalgies te raak oor jare wat was en veral oor 1975.

Daar is die afgelope 50 jaar behoorlik gekap aan die 1975-bos met die hartseer nuus verlede  jaar dat die geliefde veearts en klasmaat, Tobie Spies, weens ’n hartaanval oorlede is.

Om te besef hoe vinnig die jare verby gevlieg het,  moet mens net in die geskiedenis gaan delf, met televisie wat nie vir daardie klas beskore was nie,  Springbok Radio wat sy eerste Top 20 uitgesaai het gebaseer op verkope van kortspeler plate en Sonja Herholdt wat die treffer, ‘O ek verlang na jou’,  opgeneem het.

Om die groep bymekaar te kry gaan daar in April ’n grootste poging aangewend word om ’n naamlys saam te stel.

Die beplanning is om later die jaar dan ’n reünie te hou in die Witbank/Middelburg omgewing.

Die 1975 matrikulante word versoek om hulle:

  • Noemname en van (vroue ook nooiensvan)
  • Ja/of Nee ek sal graag so reünie wil bywoon.
  • Waar is jy tans woonagtig.

Te stuur na Sarel Kotze by 076 1594 425 of sarel.kotze1@gmail.com , Tobie van den Bergh tobievandenbergh@gmail.com  of 072 2201 568, oudhoofseun Ferdie Truter by ferdiet@lantic.net  082724 8337 of onderhoofseun Jan de Jager by 082 893 2784 of jantand@mweb.co.za.

Daar kan ook reageer word op die WhatsApp-groep Klas van 1975 .

Indien daar oudleerlinge is wat foto’s of ander interessanthede het van  die 1975 klas kan hulle dit ook aanstuur.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, FacebookTwitter,  Instagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Check Also
Close
Back to top button