Local newsNews

Waar woorde en wysheid ontmoet

Krities dink en passievol praat skep sterk en skerp sinne.

Die atmosfeer was gelaai met opwinding en intellektuele energie toe die eerste rondte van die ATKV Debatskompetisie se nasionale afdeling by HTS plaasgevind het.

Skole van regoor Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal het saamgekom om hul debatvaardighede te toets en hul standpunte met passie en oortuiging te verdedig.

Voor: Abigail Zwarts. Agter: Marko Louw, Emil Muller en Oden Duvenhage.

Die ATKV Debatskompetisie is bekend daarvoor dat dit leerders die geleentheid bied om nie net hul sê te sê nie, maar om ook kritiese denkvaardighede te ontwikkel en selfvertroue op te bou. Hierdie eerste rondte was geen uitsondering nie, met spanne wat hul navorsing en redenaarsvernuf ten toon gestel het.

Die leerders het met entoesiasme deelgeneem, en die debatte het gewissel van vurige argumente tot goeddeurdagte teenargumente.

Eddie Mostert en Lua Streicher.

Die juniors se onderwerpe was ‘Suid-Afrikaanse realiteitsprogramme weerspieël die werklikheid’ en hulle het uiteenlopende kwessies aangespreek, wat die deelnemers uitgedaag het om oopkop oor belangrike sake te dink.

Die gees van kompetisie was tasbaar, maar daar was ook ’n gevoel van samehorigheid en respek tussen die spanne.

Die seniors se onderwerp was ‘Die afskaling van gedrukte media is geregverdig’.

“Ek is baie opgewonde vir dit wat voorlê want hierdie onderwerpe gee ons kinders ’n kans om te dink, te redeneer en navorsing te doen in ons taal,” sê mnr. Bennie Botha entoesiasties.

Hierdie geleentheid by HTS was ’n viering van jeug, intellek en die krag van woorde. Die nasionale kompetisie beloof om nog meer hoogtepunte te lewer terwyl die spanne voortgaan om hul vaardighede te slyp en hul standpunte te verdedig.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, FacebookTwitter,  Instagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button