Gholfdag ten bate van bejaardes in eMalahleni
Jou vier-bal kan ’n verskil maak in ’n bejaarde se lewe.
Die Gereformeerde Kerk Hoëveld, nooi almal uit om deel te wees van ’n opwindende potjie gholf.
Moet nie uitmis nie, daar is wonderlike pryse op die spel.
Hierdie gholfdag sal op 4 Julie om 10:00 by die Witbank Gholfklub plaasvind.
Die opbrengs gaan aan die bejaardes in nood in eMalahleni.
Inskrywingsfooi vir ’n vier-bal is R1 500.
Verder is daar geleenthede om ’n T-boks vir R2 000 of ’n setperk vir R1 000 te borg.
Vir inskrywings, kontak Louisa by 084 274 5287. Gholfkarretjies moet direk by die gholfklub bespreek word by 013 656 5031.
Kom speel vir ’n goeie doel en maak ’n verskil in jou gemeenskap.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
